Update
GEORGE NUUS - Die groot feesvieringe wat môre, Saterdag 7 Mei, by Hoekwil Primêr sou plaasvind is uitgestel.
Die vieringe sou plaasvind as deel van die herdenking van die skool se 100ste bestaansjaar. Die organiseerders het besluit om dit uit te stel as gevolg van swaar reën wat vir die gebied voorspel word.
As deel van die vieringe sou ondermeer ‘n pretloop en ‘n potjiekoskompetisie by die skool aangebied word. Daar sou ook pretaktiwiteite vir kinders wees en ‘n biertuin vir volwassenes.
Dit sou een van die hoogtepunte van die skool se vieringe gewees het wat reeds Woensdag begin het.
‘n Woordvoerder van die organiseerders het vanoggend aan George Herald gesê dis hartseer en jammer dat dit uitgestel moes word. Hulle het egter geen ander keuse gehad om dit uit te stel tel as gevolg van die weer. Daar het oor ’n lang tyd baie beplanning en harde werk ingegaan.
Die plan is om dit nou die naweek van 20 en 21 Mei aan te bied. Die drie orkeste wat as deel van die vieringe sou optree gaan wel nog môre voort.
Dit sou by die skool plaasvind, maar dit is geskuif na die Bush Lapa by Heroldsbaai. Dit begin 18:00 en mense kan nog steeds kaartjies koop.
Verwante artikel: Festivities to celebate Hoekwil Primary's centenary in May
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'