Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Georgiete wys alweer hoe ruimhartig hulle is ná 'n huis Maandagmiddag, 16 Desember, in Blanco in puin gelê is.
"Ons was in die kombuis toe ek my seun (8) hoor gil het. Toe ek by hom kom in die kamer was die plek al besig om te brand. Gelukkig kon ek my vrou en kinders betyds uit die huis uit kry," vertel Christie Stander kort na die huis wat hulle in Montagustraat gehuur het, deur vlamme verswelg is.
Die oorsaak van die brand waarin Stander en sy gesin alles verloor het is nog onbekend, maar intussen samel die George-gemeenskap enigiets in wat die Stander gesin van hulp kan wees. "Die publiek is werklik behulpsaam en ondersteunend," sê hy.
"Ons vlieg môre [Woensdag] na my skoonouers in Johannesburg. Ons moet net eers tot verhaal kom en dan sal ons weer voor begin."
Kyk 'n video hieronder:
Enigiemand wat donasies wil lewer kan items by die Soteria Gemeente (27 Victoriastraat), aflewer van Maandag tot Woensdag van 09:00 tot 15:00.
Die Stander-gesin se klere groottes is soos volg: Mans 36 tot 38, vroue 36 en klere vir die twee seuns van 8 en 10-jaar oud.
Millies, die kafee in Blanco waar Stander gewerk het, het ook verlede jaar gedurende die feestyd op 27 Desember, afgebrand.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'