GEORGE NUUS - Emmaüs Beskermde Werksentrum se jaarlikse groot kermis vind komende Saterdag, 3 Desember, van 08:00 tot 13:00 plaas op hulle perseel in Memoriumstraat.
Al die gewilde hand- en houtwerk, heerlike basaarpoeding, 'n groot verskeidenheid gebak en die grootste witolifanttafel in George sal daar wees.
Daar sal ook verskeie ander interessante aanbiedinge soos 'n vleis- en groentetafel, teetuin en kindervermaak wees. 'n Heerlike ontbyt teen R50 sal ook beskikbaar wees.
"Emmaüs is baie afhanklik van die publiek se ondersteuning en ons wil almal dus uitnooi om die oggend saam met ons te kom geniet," nooi Elsabe Badenhorst, die sentrumhoof.
"Die kermis sal voortgaan al is daar beurtkrag of al reën dit, so mense moet nou al seker maak dat hulle niks anders vir Saterdagoggend beplan nie."
Bel Emmaüs by 044 873 4196 vir meer inligting.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'