GEORGE NUUS - Die herfsreeks van die George Moederkerk se etensuurkonserte begin op Woensdag 9 Maart om 13:10.
Die Hoërskool Outeniqua se Instrumentale Ensemble onder leiding van Rian Smit sal werke speel van Bach, Wilhelm Popp, Handel, Brahms en Schubert.
Rian speel ‘n paar solostukke, o.a. die gewilde Habanera uit Carmen van Bizet. Hy word begelei deur Dalene Brits.
Die groot pluspunt van hierdie konsertreeks is dat die publiek nie die teenswoordige hoë pryse van konsertkaartjies hoef te betaal nie, maar hul waardering te kenne kan gee deur donasies, wat wel nodig is om die kunstenaars te vergoed, en wat baie waardeer word.
Bring gerus u masker saam!
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'