Gallery
GEORGE NUUS - Die eerste Burchell-manneaand, aangebied deur dr. Brian Burchell van De Necker Dentistry, het Vrydag 12 September die George-burgersentrum in 'n sprokieswêreld verander. Byna 400 manne, geklee in 'n pak en das, het die saal volgepak vir 'n gesellige aand van kuier, heerlike kos en puik vermaak.
Die hoogtepunt was die veiling deur Daniel van Schalkwyk van Van Rensburgs Veilings, wat 'n reusebedrag van R726 000 ingesamel het.
GALERY - Eerste Burchell-manneaand 'n rekordsukses
Die opbrengs gaan aan die Kwagga-hulpfonds en Môreson kinder- en jeugsorgsentrum, wat beide 'n tasbare verskil in jong mense se lewens maak. Oud-Kwaggas en Môreson-kinders het hul dankbaarheid gedeel, wat by baie gaste 'n knop in die keel gelaat het.
Die aand is verder gekenmerk deur gesellige kameraderie, 10 lammers op die spit en optredes deur RadioRaps se Rikus de Beer, Ryno Velvet en Die Beste Band In Die Wêreld ...Ooit, Ek Sweer.
Izelle Bester en haar span het die saal omskep met stylvolle dekor.
Plaaslike besighede en individue het mildelik geskenk en selfs pryse teruggegee om die sukses van die fondsinsameling te verseker.
Burchell het sy wens uitgespreek dat die Manneaand 'n tweejaarlikse instelling op die George-kalender sal word. Sy hoop is dat dit mense inspireer om vir vandag om te gee, en vir môre te bou. - Saamgestel deur Michelle Pienaar
Van links is Rikus Lamprecht, Stephan Lamprecht, Gida de Swardt en sy broer, Albé de Swardt (eienaars van De Dekke Spar en 'n borg van die aand).
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’