GEORGE NUUS - Een persoon is dood en vier ander beseer in 'n ongeluk vanmiddag in Knysnaweg, regoorkant die Glenwood-gholfbaan.
Die beseerdes is deur ER24 na die hospitaal gebring.
Dit is onduidelik hoe die ongeluk, waarin drie voertuie en 'n motorfiets betrokke was, gebeur het.
Al vier bane was teen 17:15 nog vir verkeer gesluit terwyl nooddienste personeel op die toneel besig was, maar is teen 19:30 weer oopgestel.
Foto's: Emsie Martin
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’