Hul grootste uitdaging is ook dat die verdagtes nie aangekeer word nie omdat meeste van die slagoffers te dronk is om 'n sinvolle beskrywing van hul aanvallers te gee.
Volgens kapt. Malcolm Pojie, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, vind die oorgrote meerderheid van die voorvalle oor naweke plaas en word gebiede soos New Dawn Park, Rosedale en Syferfontein die meeste geraak.
"Die situasie is nie enig aan Pacaltsdorp nie, maar kom ook voor in ander woonbuurte en dorpe regoor die Suid-Kaap.
Inwoners, veral vroue is versoek om hul perke te ken wanneer hulle drank gebruik. Vermy swak beligte areas en moenie alleen loop as dit donker is nie, maar in groepe van drie of meer.
Huisbraak, diefstal en diefstal uit motorvoertuie in die Pacaltsdorp-area het ook toegeneem.
Pojie sê meeste van dié gevalle kom voor gedurende die week tussen 06:00 en 23:00.
Die hele Pacaltsdorp-area word geaffekteer, maar meer voorvalle word aan gemeld in New Dawn Park (Voëlnesvaringslot, Crossandra-, Klokkieblom- en Wil-gerstrate), Rosedale (Sarahsingel, Rebeccastraat), Seaview (Amarylis- en Dahliastrate en Cresentlaan), Hansmoeskraal, Delville Park (Corporationstraat) en Europe (Geelhoutstraat).
"Daar word 'n beroep gedoen op die gemeenskap van Pacaltsdorp om waardevolle items nie binne sig van verbygangers in hul motors te laat rondlê nie, maar eerder in die kattebak toe te sluit. Maak seker dat voertuie se deure en vensters toe en gesluit is. Stel die polisie in kennis indien jy vir 'n sekere tydperk nie by jou woning sal wees nie, sodat gereelde patrollies in die omgewing van jou woning gedoen kan word. Maak ook seker dat alle vensters en deure gesluit is voordat woning verlaat word."
Persone wat oor inligting beskik oor die huisbraak- en diefstalvoorvalle kan die sektorbevelvoerder in die onderskeie sektore skakel:
- Sektor 1 (New Dawn Park en Andersonville) - Sersant Zelda Titus : 079 894 1587
- Sektor 2 (Rosedale, Seaview, Smartie Town, Ou Dorp en Andersonville) - Adjudant-offisier Johan Jumat : 079 894 1588
- Sektor 3 (Nywerheidsgebied, Delville Park, Syferfontein-plakkerskamp en Hansmoeskraal) - Adjudant-offisier Billy Buys : 079 894 1362
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'