GEORGE NEWS - Kersfees is om die draai, en die gewilde Kersete vir Huishulpe is weer op hande.
Dié geleentheid is om dankie te sê aan die spesiale vroue wat in ons huise werk. Daar is twee datums om van te kies: Donderdag 3 Desember en Vrydag 4 Desember.
Die vroue geniet 'n heerlike middagete van 'n burger en skyfies, met roomys en koeldrank, teen slegs R150 per persoon.
Geronimo Spur is al meer as 12 jaar deel van hierdie spesiale projek en bederf die vroue elke keer met heerlike kos teen 'n baie spesiale prys.
Vanjaar vind die geleentheid weer by Geronimo Spur in Yorkstraat, George, plaas en die middag se verrigtinge begin om 14:00.
Daar is beperkte plek, en bespreking is noodsaaklik.
Juanita Myburgh, die organiseerder, moedig werkgewers sterk aan om ook vir hulself 'n kaartjie te koop om saam met hul huishulp te kuier.
"Hierdie is 'n ideale geleentheid om die spesiale vrou wat vir jou werk te bederf, so moet dit nie misloop nie."
Kaartjies is te koop by die Spur, of kontak Juanita (083 452 1773) of Anita (081 599 9034) om 'n plek te bespreek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’