TUINROETE NUUS - Die kykNET Buite-Ekspo Suid Kaap word vir die tweede keer vanaf 20 tot 22 September by ATKV Hartenbos aangebied.
Dis dan ook die eerste naweek van die skoolvakansie en waar beter om hierdie geleentheid aan te bied as by die baie gewild oord ATKV Hartenbos.
Die kykNET Buite Ekspo konsep word al sedert 2011 met groot sukses aangebied in SA, met ‘n Limpopo weergawe by Sondela Nature Reserve & Spa naby Bela Bela en ook een in die Wes Kaap by Moreson Plaas net buite Malmesbury, waar daar alreeds ‘n rekord opkoms van net meer as 22 000 besoekers was, wat dit by verreweg een van die grootste buitelewe Ekspo’s van sy soort in SA maak.
Hartenbos het in 2023 alreeds meer as 10 000 besoekers gelok, ondanks gure weersomstandighede.
Hierdie geleentheid is spesifiek gemik op die buitelewe-, kampering- en 4x4-entoesias en die hele gesin is welkom. Dis ‘n volwaardige buitelewe leefstyl Ekspo en bestaan nie net uit buitelewe uitstallers wat die heel nuutste produkte op ‘n baie unieke manier kom uitstal nie, maar daar is ook ‘n komponent kindervermaak en ook 4x4 hindernis ritte saam met die bekende Mnr 4x4, Andre de Villiers.
Alhoewel hierdie NIE ‘n musiekfees is nie, tree daar ook puik kunstenaars op, soos onder andere Sone Joubert, Rooies, Blackie Swart, Desmond Wells, Johan Liebenberg, David Fourie, Rooiwyn Profeet en Posduif met Riaan Grobler wat die MC is vir die naweek.
Splinternuut hierdie jaar is ons Agripark area waar landbou en relevante produkte uitgestal sal word. Buitelewe en landbou gaan hand aan hand met baie sinergie tussen die twee vandaar die toevoeging tot die geleentheid.
Mosselbaai Helikopters bied ook helikopter vlugte aan waar die pragtige kuslyn uit die lug waargeneem kan word so bring daai kameras saam om dit vas te vang!
Jimmy’s Steakhouse Sauces se aktivering sal plaasvind in die vorm van ‘n braai- potjie- kosmaak kompetisie waar die publiek dit kan kom uitspook met van ons bekendes – iets om voorwaar nie te mis nie.
Daar is volop gekeurde kosverskaffers op terrein met ‘n groot Castle Light kroeg- en biertuin fasiliteite, asook ‘n 1659 Wines Wyn-en Kuiertuin. Kom besoek ook gerus ons Fines 4 U kuns-en snuffelmark waar daar slegs uitstallers van gekeurde produkte sal wees.
Vir die vyfde keer hierdie jaar bied Expo-sure in samewerking met Trio Events ‘n kykNET Buite Ekspo Celeb Gholfdag aan by die gewilde en baie bekende Mosselbaai Gholfbaan aan op Woensdag 18 September. Kontak asb vir Elmien om deel te neem of as borge betrokke te raak by 072 588 1127 of e-pos elmien@expo-sure.co.za. Daar is beperkte geleenhede hier beskikbaar so GOU SPRING..
Besoek gerus www.ekspo.co.za vir meer inligting en om dagbesoekers kaartjies te koop deur TicketPro (ook beskikbaar by die hekke). Pryse is baie billik en wissel van R30 tot R100, afhangend van watter dag en tipe kaartjies gekoop word.
Spesiale kamperingpakette (wat ‘n ekspo naweek toegangsfooi insluit), is ook beskikbaar vir die naweek teen uiters billike tariewe en kan bespreek word by Delmaine by delmainev@atkv.org.za.
Enige uitstallers navrae kan gerig word aan Tersia by accounts@ekspo.co.za of skakel haar direk op 072 487 0000.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’