Update
GEORGE NUUS - Die omvang en koste van die opgradering van Nelson Mandela-boulevard bly onveranderd, maar die geometriese belyning is aangepas en die totale padlengte wat opgradeer word, is verleng.
Dit is die antwoord van die direkteur van siviele ingenieurswese, Reggie Wesso, op 'n navraag of die pad nou 'n tweebaan gaan word, na daar aanvanklik besluit is op 'n vierbaanpad.
Wesso het verduidelik dat hierdie "aanpassings" nodig is weens die eiendomme en besighede binne die padreserwe, wat oor jare daar gevestig is.
"Die aanvanklike ontwerpe het ongelukkig nie daarvoor voorsiening gemaak nie," het hy gesê.
In 'n skrywe van 'n lid van die publiek oor die projek, word die stelling gemaak dat 'n doodgoeie tweebaanpad oorgedoen is, met 'n sypaadjie hier en daar, vir R50 miljoen.
"Die geld was goedgekeur vir die vergroting van die pad.
"Die pad is egter nie vergroot nie (weens die persone wat in die padgrens bly). Aangesien die geld nie die doel bereik het wat dit moes nie,
"'n Vierbaanpad, wat is die waarskynlikheid dat die departement ons weer met soveel geld sal vertrou?
"Want ons het departementele geld nodig om hierdie projek eendag klaar te maak."
Padwerke by Nelson Mandela Boulevard.
Op 'n vraag aan die munisipaliteit of die mense en besighede wat in die padreserwe geleë is nog gaan skuif, sê Wesso: "Daar is 'n bestaande uitvoerende burgemeestersbesluit so dit bly van krag.
"Daar is egter 'n verslag wat eerskomende Donderdag (8 Februarie) by die uitvoerende burgemeesterskomitee dien om die tydperk vir hervestiging van partye wat binne die padreserwe geleë is, te hersien."
* Nelson Mandela Boulevard is now becoming a two-lane road, after it was initially intended to become a four-lane road.
The municipality said that these adjustments are necessary because of the properties and businesses within the road reserve that were established over the years.
ARTIKEL: MICHELLE PIENAAR, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'