GEORGE NUUS - Nie eers die reën kan die geesdrif demp by die 28ste Kwagga Junior Rugbyweek nie.
Dis vandag dag twee van die geleentheid wat by die velde van Hoërskool Outeniqua plaasvind.
Volgens Piet Cloete, hooforganiseerder, vind 29 wedstryde vandag plaas.
Die laaste wedstryd begin om 13:30.
Maandag 25 Maart is die laaste dag van die toernooi en ook dan word 29 wedstryde gespeel. Toeskouers is welkom.
*Altesaam 1200 seuns van o.14 en o.15 spanne van regoor Suid-Afrika neem deel. Daar is selfs spanne van sover as Upington in die Noord-Kaap en Middelburg in Mpumalanga. Spelers van Middelburg Hoërskool was gister (Vrydag, 22 Maart) by Outeniquapark toe die Pumas (Mpumalanga) teen die Arende gespeel het.
Foto: Eugene Gunning
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’