Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Minister van openbare werke en infrastruktuur, Patricia de Lille, spandeer vanoggend 'n bietjie tyd op Kingswood-golfbaan saam met bestuurslede van Grow Golf Together, 'n plaaslike nie-winsgewende organisasie wat hul beywer vir die ontwikkeling van die sport.
'n Deel van die fondse wat vandag ingesamel is sal vir die Good-party se verkiesingsveldtog benut word.
De Lille kuier môre in Beaufort-Wes waar sy met haar party se bestuurspanne gaan vergader.
Volgens De Lille sien sy vreeslik uit na haar dag by Kingswood en beplan sy om vir die volgende paar uur haar foon af te skakel. "My voorgee was so 19 twee jaar gelede, maar deesdae het ek nie eintlik 'n voorgee nie," het sy vriendelik gesê.
Die professionele gholfspeler Derick Petersen, seun van Parkdene Hoër se skoolhoof, is darem ook daar om 'n paar wenke te gee.
Kyk 'n video hieronder:
Foto's: Michelle Pienaar
Kyk 'n tweede video hieronder:
Foto's: Michelle Pienaar
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'