GEORGE NUUS - 'n Organisasie wat hom oor haweloses ontferm, Cremhog (Christian Rehabilitation Ministries to the Homeless of George), het vanjaar weer aan 100 hawelose en behoeftige persone 'n kospakkie vir die feestyd gegee.
Op Dinsdag- en Woensdag-oggend, 20 en 21 Desember, is 50 pakkies by die NG kerk in Bergsig uitgedeel.
'n Groot groep haweloses het ook op Woensdag 'n heerlike Kersete, wat deur Cremhog georganiseer is, geniet.
Volgens Cremhog se algemene bestuurder, André Olivier, is die publiek vroeër in 2022 uitgenooi om 'n pakkie bymekaar te sit en aan Cremhog te skenk vir hul Kersafsluiting.
FOTOGALERY: Voedsel vir die feestyd
Nie-bederfbare produkte is in die pakkies gesit om die haweloses deur die Kerstyd te help.
André Olivier (links) en Deon van Eck by die kospotte. Foto: Wilna Jones
Gerrie Jantjies sê hy het nog nooit so lekker geëet nie. Foto: Kristy Kolberg
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'