Met die heerlike sonskynweer verlede Saterdag, het twee vriendinne die pad na Hoekwil gevat om die stofpaadjies beter te leer ken. Met die nat weer van vandeesweek voel hierdie ervaring nou soos 'n mooi ver langse herinnering.
"O, ek het my hart verloor in Hoekwil," sê Lorraine Verhagen nadat sy dié area te voet leer ken het. "Ek weet nie werklik waar ons oral gestap het nie, maar dit was ongelooflik mooi. Ek kan myself daar sien bly."
Lorraine en haar vriendin, Lo-An-Nel Breytenbach, het reeds planne om een of ander camino aan te durf - in Namakwaland.
Maar intussen sal hulle graag terugkeer na Hoekwil, en weer in doodloopstofstrate verdwaal. Dit is nou te sê as die reën vir 'n slag ophou.
Beeldskone uitsit oor 'n eiendom in Hoekwil.
Hierdie boom het Lorraine Verhagen se hart gesteel.
"Soek ek na die grootpad/ om daarlangs te draf/ oral draai die paadjies/ van sy woorde af" - Ingrid Jonker
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’