Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - ‘n Motoris, wat vanoggend teen die verkeer in Rosestraat, Pacaltsdorp gery het en geweier het om sy voertuig te skuif, het ‘n ernstige verkeersopeenhoping veroorsaak.
Rosestraat is weke gelede weens padwerke in eenrigtingverkeer verander.
Talle pendelaars was gestrand, met minstens 13 Go George-busse wat nie kon beweeg nie en ander passasiers wat by bushaltes elders in Pacaltsdorp wag op vervoer na hul werke en skole.
Intussen het ontstoke inwoners en pendelaars die motor gelig en uit die pad geskuif. Polisie en verkeersbeamptes is tans op die toneel.
Dit bly onduidelik waarom die motoris weier om sy voertuig te verwyder, maar volgens ooggetuies beweer die bestuurder dat daar vanoggend geen werkers of padtekens was om die eenrigtingverkeer aan te dui nie.
VERSKAFDE VIDEO:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’