GEORGE NUUS - Druk verkeer word ondervind uit Pacaltsdorp en naby die ou krokodilplaas na twee afsonderlike ongelukke in spitsverkeer vanoggend, 2 Februarie.
Die eerste ongeluk was op die brug oor die N2 en die ander een naby die York- en Hoopstraat verkeerssirkel.
Motoriste word gevra om versigtig te ry en geduldig te wees terwyl opruimingswerk aan die gang is. Die verkeer uit Pacaltsdorp staan stil.
Geen inligting oor hoeveel persone beseer is, is tans beskikbaar nie.
Die ongeluk op die brug oor die N2.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’