Gallery
GEORGE NUUS - Heerlike loslitdae in Desember en Januarie trek menige mense na die Suid-Kaap se strande.
Gedurende snikhete dae, soos ons vandeesweek ervaar, is daar natuurlik ook ander opsies om te oorweeg.
GALERY: 'n Blitsstappie deur die bos in Camphersdrift
George is bekend vir sy beeldskone staproetes teen die hange van die Outeniquas, en meer bekende roetes op SanParke -turf, soos die Kingfisher-staproete in Wilderness.
Soms wil ‘n mens egter nie voorberei vir ‘n daguitstappie nie, maar sommer net vir ‘n vinnige blitsstappie.
Iets waar jy op die ingewing van die oomblik jou skoene gryp, die honde opgewonde maak deur hul leibande te klingel, en in die motor te spring – na ‘n kort staproete.
Oorkant die Van Riebeeck-tuin in Camphersdriftstraat lê ‘n lieflike oop stuk grond wat lei na ‘n bospaadjie aan die agterkant van die Garden Route Botaniese Tuin.
Oorkant die Van Riebeeck-tuin in Camphersdriftstraat lê ‘n lieflike oop stuk grond wat lei na ‘n bospaadjie aan die agterkant van die Garden Route Botaniese Tuin. Foto: Karma Pienaar
Hierdie paadjie sluit aan by die George parkrun-roete en word graag deur inwoners van die omgewing benut om hul honde vir hul daaglikse oefening te neem. Onthou net die leibande. Pyltjies hou jou deurentyd op koers. Dit is ook ‘n gemaklike roete waar jy self kan kies hoe ver jy wil loop.
Op dié roete sal jy ‘n riviertjie vind waar woefie kan water drink, fynbosreuke wat die warm lug vul, sampioene wat op boomstompe groei -én vrede …
Op dié roete sal jy ‘n riviertjie vind waar woefie kan water drink. Foto: Karma Pienaar
Die staproete is nie oorvol nie; jy hoor die natuur. Dus, indien die idee aan volgepakte strande jou koud laat, dink groen. Dink bos.
Dink bos. Foto: Karma Pienaar
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’