Gallery Update Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - As jy Sondagoggend, 6 Desember, vroeg uit die vere was sou jy 'n kleurvolle groep mense met ballonne in Meadestraat sien stap het. Hulle het daarna in Victoriastraat afgedraai en tot by die AGS Soteria-gemeente gestap.
Miranda Quinn, wat in 'n rolstoel is, het 'n bordjie vasgehou met die woorde "Be Happy", terwyl Elresa Hagemann die stoel stoot.
Motoriste het toeter gedruk om te wys hulle hou van die groep mense se optimisme.
Johan le Grange van die Soteria-gemeente het later vertel dat hulle die boodskap, "om bly te wees" wil bevorder en mense weer hoop wil gee.
Hy het onlangs aangebied om te help met die gemeente se dankseggingsdiens en die bal aan die rol gesit met die idee.
"Met Covid-19 is almal onder 'n wolk van druk. Mense is ingeperk in die tye van isolasie. Mense moet steeds na buite gaan," het hy gesê.
"Mense het al vergeet om bly te wees. Dis 'n positiewe boodskap. Dis die opdrag in die Bybel wat die meeste genoem word.
"Ons wou 'n atmosfeer skep. Ons is 'n gelukkige gemeente wat nie bang is om die Here te dien nie. Die fokus was op God en om gelukkig te wees."
Kyk 'n video hieronder:
Fotogalery: Wees bly in die Here
Die terugvoer wat hulle gekry het is baie positief. "Almal kan saamkom om die blye boodskap te verkondig. Daar is reeds 'n teenmiddel teen Covid-19 en Sy naam is Jesus."
Lede van die by die AGS Soteria-gemeente stap Sondagoggend vroeg na hul kerk in Victoriastraat.Miranda Quinn, 'n gestremde hou 'n bordjie vas waarop staan:" Be Happy" en Elresa Hagemann stoot haar rolstoel. Foto: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'