'n Vergadering is op Erfenisdag belê om verskeie sake wat George en die Tuinroete raak indringend te bespreek. Verskeie kreatiewe voorstelle om dié erfenis- en toe-rismebate tot sy volle glorie te herstel, is op die tafel geplaas. Die George Besigheidskamer het sy volle ondersteuning aan die ini-siatiewe toegesê.
Ander besprekingspunte was die bevordering van streekstoerisme en die effektiewe bemarking van die
streek onder een handelsnaam, stimulering van plaaslike ekono-miese ontwikkeling en die aanwending van inligtingstegnologie om die lewenskwaliteit van mense in veral die landelike gebiede van die streek te verbeter. Die sinvolle interaksie en samesprekings met Winde sal opgevolg word met verdere gesprekke en konkrete aksies waar ander rolspelers ook betrek sal word.
Die bestuurslede van die George Besigheidskamer het samesprekings gevoer met mnr. Allan Winde, Wes-Kaapse minister van finansies, ekonomiese sake en toerisme. Van links is Aurick Swartbooi (bestuurslid), Imél Rautenbach (vise-president), Allan Winde en dr. Francois Joubert (president).