GEORGE NUUS - Go George se anti-vandalismeveldtog verwissel hierdie week van rat met 'n volgende baie sigbare fase wat die gemeenskap deel wil maak van kreatiewe pogings om vandalisme hok te slaan.
George Herald-redakteur, Lizette da Silva, is een van 'n paneel "beïnvloeders" in die gemeenskap wat hierdie week aan 'n dinkskrum saam met Go George se kommunikasiespan deelgeneem het.
By dié geleentheid is die plakkate met dié ses anti-vandalisme-ondersteuners se gesigte en kort boodskappe ook bekendgestel.
Die 60 plakkate word vandeesweek opgerig by sigbare bushaltes op hoofroetes sowel as in woonbuurte waar vandalisme by herhaling voorkom.
Van links is James Robb (Go George-bestuurder), Morné Pietersen (bestuurder, EDENfm), Lloyd Bosman (atleet), Moses Williams (akteur en komediant), Lizette da Silva en Peter Jaftha (stasiebestuurder, Heartbeat FM).
Zane Kirchner, voormalige Springbokrugbyspeler en Arende-hulpafrigter, is deel van die paneel, maar kon weens werksverpligtinge nie die geleentheid bywoon nie.
Lees meer oor die veldtog in volgende week se George Herald.
Van links is James Robb, Morné Pietersen, Lloyd Bosman, Moses Williams, Lizette da Silva en Peter Jaftha.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'