GEORGE NUUS - Chris Vorster, ook bekend as die karakter Ryno van die televisiesepie 7de Laan, gesels op 2 November in Mosselbaai oor sy twee biografieë wat by Protea Boekhuis verskyn het.
In 2022 publiseer hy Franz Marx: Uit die perd se bek. Dis die biografie wat eintlik nie 'n biografie is nie, maar 'n verwerking van gesprekke met Marx voor sy dood.
Marx het self gesê: "Daar was soveel stories oor my, maar oor wie is daar nie? Dit het my nooit gepla nie, as jy jouself vir 'n toffie uitgee, gaan die mense aan jou suig. Dít het ek altyd geweet, maar hulle het nooit die waarheid geweet nie. Hulle het nooit geweet ek het twee kinders grootgemaak nie, nooit geweet ek was getroud nie; nie geweet wie is my vriende nie, nie geweet met wie ek sosialiseer nie. Hulle het nooit geweet van my private lewe nie."
Vorster se jongste publikasie is oor Marius Weyers, een van die mees gerespekteerde name in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf.
Die biografie bevat heelwat foto's en is gevul met anekdotes, humor en aanhalings wat insig gee in hierdie bekende akteur se denke en die uitdagings wat hy by tye moes oorkom.
Ook vertel dit die mooi liefdesverhaal tussen hom en sy vrou, Evette (die bekende beeldhouer), wat in Julie vanjaar oorlede is.
Weyers is voorheen deur ander skrywers gevra of hy belangstel in 'n biografie en het telkens geweier omdat hy so privaat is. Hy het ook gesê dat dit voorheen nie die regte tyd was nie.
Die biografie oor Marius Weyers bevat heelwat foto's en gee insig in die bekende akteur se denke en uitdagings wat hy by tye moes oorkom.
Via TV-aanbieder Marliza van den Berg sal met Vorster oor sy boeke gesels.
Chris Vorster se biografie oor Franz Marx het verlede jaar verskyn.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’