GEORGE NUUS - Die AfriForum-tak in George het 15 soetdoringbome aan die Voortrekkerbeweging geskenk as deel van dié organisasie se jaarlikse boomplantprojek. Die Voortrekkerbeweging sal bepaal waar die bome geplant word.
Die George-tak het ook vyf bome opsygesit wat geplant gaan word by die parkie in Newtonstraat sodra die opknappingswerk waarmee die AfriForum-tak in samewerking met die plaaslike munisipaliteit besig is, afgehandel is.
“Ons by AfriForum heg baie waarde aan ons omgewing en ons besef dat ons ’n verantwoordelikheid het om ’n beter omgewing vir ons kinders na te laat. Ons kom hierdie verantwoordelikheid na deur aksies soos dié, ons skep ook so ’n kultuur van bewaring en bewustheid onder ons kinders,” sê Eduan Naude, AfriForum se George-takvoorsitter.
“AfriForum en al sy takke streef daarna om ons land ’n beter plek te maak vir almal wat hier woon. Ek wil graag van my kant af ook vir al die takke regoor die land bedank vir die verskil wat hulle maak en die talle bome wat deur hulle geplant is,” sê Arno Greyling, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Suid- en Oos-Kaap.
Raak vandag nog by AfriForum se George-tak betrokke: SMS “George” na 45350 (R1).
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'