TUINROETE NUUS - Sportlui van Eden het verlede Vrydagaand met ses toekennings by die Wes-Kaapse sporttoekennings weggeloop.
Die geleentheid is by die Centuary City-konferensiesentrum in Kaapstad deur die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport aangebied.
Die Eden-toekennings het gegaan aan:
- Eden-fietsry, wat as sportfederasie van die jaar aangewys is;
- Christo Vermaak (Oudtshoorn Courant) - sportjoernalis van die jaar;
- Gerhard Jooste - sportfotograaf van die jaar;
- die Christelike Jeugforum van Oudtshoorn - rekreasieliggaam van die jaar;
- die Eden-inheemse spelespan Kgati, onder kapteinskap van Simphiwe Rayidi - die inheemse span van die jaar;
- Heidedal Primêr se landloopspan - ontwikkelings-skoolsportspan van die jaar.
Dié wenners word nou saam met agt ander provinsies se wenners genomineer vir die Suid-Afrikaanse sporttoekenningsgeleentheid wat in November plaasvind.
Die wenners by die Wes-Kaapse sporttoekennings wat verlede Vrydag by die Centuary City-konferensiesentrum in Kaapstad aangebied is.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'