GEORGE NUUSFLITS - Twee pasiënte, met ligte beserings, is vroeër vanoggend, Woensdag 14 November, na die Mediclinic George geneem ná 'n ongeluk op die R102 by die 4 Brothers-aartappelstoor.
Volgens voorlopige inligting wou die bestuurder van die silwer bakkie by 'n ingang na 'n plaas langs die R102 afdraai toe die wit bakkie hom van agter tref.
Een pasiënt is deur Eden911 vervoer en die ander deur ER24.
Die wit Ford bakkie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'