GEORGE NEWSFLASH - Die polisie is opsoek na ‘n onbekende man na die verkragting van 'n 10-jarige skoolmeisie.
Die voorval het op 11 Augustus tussen 13:30 en 15:10 naby die Outeniqua Bakkery plaasgevind tussen Heidedal Primêr en haar huis in Rosedale, toe die meisie van die skool af op pad was huis toe.
Volgens die polisie het die verdagte na bewering weggehardloop en met 'n witkleurige bakkie, wat naby 'n konstruksieperseel geparkeer was, weggejaag.
Na die voorval het die meisie na haar ouma se woning gehardloop en dit gerapporteer. 'n Verkragtingsaak word deur die gesinsgeweld, kindermolestering en seksuele eenheid (GKS) ondersoek.
Enige person met inligting, wat kan lei tot die arrestasie en suksesvolle vervolging van die verdagte, word versoek om die ondersoekbeampte, sers. Ann Janse te kontak by 044 803 4621 of Stop Misdaad by 08600 10111.
Alle inligting word as vertroulik hanteer.
Meer inligting volg soos dit bekend word.
ARTIKEL: KRISTY KOLBERG, GEORGE HERALD-JOERNALIS
‘Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus’