GEORGE NUUS - Kersfees is om die draai en die gewilde Kersete vir Huishulpe is weer op hande.
Die geleentheid is om dankie te sê aan die spesiale vroue wat in ons huise werk. Daar is twee datums om van te kies, Woensdag 10 Desember en Donderdag 11 Desember.
Die vroue geniet ’n heerlike middagete van ’n burger en skyfies, met roomys en koeldrank, teen slegs R150 per persoon.
Geronimo Spur is al meer as tien jaar deel van hierdie spesiale projek en bederf die dames elke keer met heerlike kos teen ’n baie spesiale prys.
Vanjaar vind die geleentheid weer by Geronimo Spur in Yorkstraat plaas en die middag se verrigtinge begin om 14:00.
Daar is beperkte plek en bespreking is noodsaaklik.
“Ek wil dit sterk aanmoedig dat werkgewers ook vir hulself ’n kaartjie koop om heerlik met hul huishulp saam te kuier. Hierdie is ’n ideale geleentheid om die spesiale vrou wat vir jou werk te bederf, so moet dit nie mis nie!” sê Juanita Myburgh, die organiseerder.
Kaartjies is te koop by die Spur of kontak Myburgh by 083 452 1773 om ’n plek te bespreek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’