Rita Marx is tydens die nasionale algemene jaarvergadering van Kansa in Johannesburg bekroon met die Mariëtte Loots Kankertrust se ‘Friends for Life’-toekenning as die nasionale wenner vir haar jare lange bydrae tot die Sonneblomprojek by die Provinsiale Onkologiekliniek in George en ondersteuning aan Kansa-personeel.
2011-streekswenner
Elize Myners is by die algemene jaarvergadering in Kaapstad bekroon as die 2011-streekswenner vir haar bydrae oor 10 jaar by verskillende Kansa-projekte. Sy is die voorsitter van die Pacaltsdorp-skakelkomitee, werk as pasiëntesorg- en gesondheidsbevorderingvrywilliger en sy is betrokke by die Sonneblomprojek.
Die bewoording op die trofee wat Rita ontvang het, beskryf Kansa se waardering die beste: "Bestowed upon an individual in acknowledgement, with gratitude and admiration of the highest honour, for enduring commitment and dedication to positively promote the quality of life of all cancer victims."
"Kansa lewer reeds die afgelope 80 jaar diens aan die gemeenskap met die ondersteuning van vrywilligers soos Elize en Rita.
Enigiemand wat wil deel word van hul dinamiese span in George en ‘n verskil wil maak in hul gemeenskap is welkom om Marietjie du Toit te kontak by 044 874 4824 of besoek Kansa by Merrimanstraat 103.
Rita Marx met die nasionale toekenning van die Mariëtte Loots Kankertrust.