Gallery
GEORGE NUUS - Vroue wil gesels, kunstig verkeer en koffie drink.
Dít is vir eens en altyd verlede Saterdag, 4 Julie, bevestig met 'n heerlike kuieroggend by Bossa. Die doel was deels vir bewusmaking vir boervroue in nood, en ook om vroue te herinner aan dit wat saakmaak - selfsorg, omgee en goeie tye.
FOTOGALERY - Die Anties Bring Hoop bring 'n kunstige kuier-oggend na George
Die Anties Bring Hoop is 'n beweging, gedryf deur vyf vroue, wat daarop gemik is om fondse in te samel vir boervroue in droogte-geteisterde gebiede.
In dieselfde asem gee hulle kunsklasse vir vroue en probeer hulle sodoende nog 'n diep behoefte vervul - samehorigheid onder vroue.
Die groep het Vrydag 3 Julie ook 'n draai by die Môreson-kinderhuis gemaak, waar hulle 'n kunsklas vir die kinders gebied het. 'n Versoek jare gelede vir kunsklasse by dié kinderhuis was die hoofrede hoekom die groep met hul kunsklasse in George opgeëindig het.
Lees meer oor die 'anties' op hul Facebook-blad, 'Mariette Beukes & Die Anties Bring Hoop'. Die groep reis vandeesweek deur die Karoo waar hulle kunsklasse aanbied. Navrae: Mariette Beukes by 082 085 9492.
Koffie en kuns met vriende: regs om die tafel is Amelia Bouwer, Megan Swanepoel, Yolandé Stevenson, Marjorie Swanepoel, Andri Potgieter en Brenda Kruger. Foto's: Michelle Pienaar
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’