GEORGE NUUS - Vrouemaand het nog baie om te gee, en 'n damesoggend met Sonja Heroldt en Monique Best op Saterdag 31 Augustus by die Protea Hotel King George is nie te versmaai nie.
Die program, 'Hartklop van 'n pêrelvrou' is 'n kombinasie van musiek en motivering deur Heroldt. Met die program wil sy gehore weer herinner aan die waarde van vrouwees. Die funksie word ten bate van die dierebeskermingsvereniging (DBV) gehou.
Best, die huidige Mej. Planeet Internasionaal, gaan gesels oor vrouwees asook haar passie en omgee vir die natuur.
Kaartjies is beskikbaar by Realty1 in Cathedral Square, Yorkstraat. Kontak hulle by 044 873 4009.
Mej. Planeet Internasionaal, Monique Best.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'