Update Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Daggagebruikers mag nou dagga in hul eie huise rook en kweek. Die konstitusionele hof het Dinsdag dié uitspraak oor die wetlike gebruik van dagga gelewer. Dit het egter slegs betrekking op privaat gebruik.
Volgens die uitspraak deur adjunk-hoofregter, Raymond Zondo, mag 'n persoon in die privaatheid van sy eie huis dagga kweek, besit en gebruik.
Die reg word egter nie beperk tot 'n huis of 'n privaat woning nie. Voortaan gaan dit nie 'n strafregtelike oortreding wees as 'n volwasse dagga in enige privaat gebied gebruik of in hul besit het nie.
Terwyl die parlement opdrag gekry het om gedeeltes van die wet op dwelms en die wet op die beheer van medisyne en verwante stowwe te wysig het hy twee jaar om die gewysigde wet aan te pas. "Mense sal in tussen toegelaat word om dagga in hul eie huise te rook," het Zondo gesê.
Die saak spruit uit 'n aansoek vir die dekriminalisering van dagga, wat deur prokureur, Rastafariër en kampvegter, Gareth Prince, en voorsitter van die Daggaparty, Jeremy Acton, ingedien is.
Zondo het in sy uitspraak gesê dat die parlement moet besluit op die hoeveelheid dagga wat 'n persoon mag gebruik, besit of kweek om as privaat gebruik te klassifiseer.
Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, het by navraag aan die George Herald gesê dat hulle eers die uitspraak deeglik moet bestudeer voor enige kommentaar gelewer sal word.
Kyk 'n video hieronder:
Dis nou wettig om dagga te kweek, besit en rook in jou eie privaatheid.
*Cannabis users can now smoke and cultivate dagga in their own homes. The Constitutional Court delivered its ruling on the legal use of dagga on Tuesday. According to the ruling by Deputy Chief Justice, Raymond Zondo, a person may cultivate, possess and use dagga in the privacy of his or her own home.
Lees 'n vorige artikel: Ruling upheld: Private use of dagga is legal
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'