GEORGE NUUS - PW Botha Kollege was bevoorreg om oudleerder en Springbok, Zane Kirchner, by hul jaarlikse prysuitdeling te verwelkom waar hy die spesiale pryse oorhandig het.
Zane is 'n boorling van George wat in 2002 by PW Botha gematrikuleer het.
In daardie jaar reken PW Botha met beide Oakdale en Outeniqua af.
Zane het in 2009 vir die Curriebekerspan gespeel, amper 300 wedstryde vir die Bulle in 32 wedstryde vir die Springbokke.
Zane Kirchner en Siyabulela Maxeke, die ontvanger van die Beatrix Steenberg-wisseltrofee vir sportambassadeur van die jaar.
Zane Kirchner en Kirsty-Anne Kleynhans, die sportvrou van die jaar.
Van links is Henry van Wyk, Zane Kirchner en Bucho Arries. Henry en Bucho is die wenners van Canon-studiebeurse vir verdere studies. Henry ontvang ook die Frikkie Brandt-veelsydigheidstrofee en die Rashied Adams-wisseltrofee vir uitstaande leierskap.
Zane Kirchner en Richardu Janse van Rensburg, die wenner van die wisseltrofee in ‘n nie-skool sport.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'