Dié rommelopruiming van die Berg-en-Dal-stappersklub het deel uitgemaak van die Kus Skoonmaakweek.
Die plakkershut is ‘n hanetree van dokterspreekkamers en ‘n motorhandelaar.
"Sy wasgoed was tot netjies opgehang," vertel die ses vroue wat binne twee ure 31 sakke vullis opgetel het in ‘n 1km-area. Dit het ook menslike ontlasting ingesluit, veral in die plakkershutomgewing. Die plakker het hom glo tuisgemaak in ‘n "wheely bin" en ook ‘n skuiling langsaan geskep.
Lorraine McGibbon van WESSA het die sakke kom weeg. Sy het aangedui dat die 115 kg rommel wat opgetel is, by die totaal ge-voeg sal word wat aangeteken is vir die George-omgewing die afgelope week.
WESSA samel inligting in omtrent afval en besoedelingspatrone. Verlede naweek is daar in die Tuinroetedam-omge-wing ‘n opruiming gehou wat ondersteun is deur ‘n handjievol mense.
Na afloop van hul opruimaksie het die vroue gevoel dat daar maklik nog ‘n maand se werk is om alles te verwyder. Daar lê byvoorbeeld ‘n motorband in die rivier wat verwyder sal moet word.
.jpg)
Lorraine McGibbon van WESSA weeg die vullis wat opgetel is deur Lenie de Haan, Thea Dyason, Wilma Van Bochove en Anette Erlank. Nie op die foto: Hettie Esterhuizen en Sonja van Walbeek.
ARTIKEL EN FOTO'S: PAULINE LOURENS, GEORGE HERALD-JOERNALIS