TUINROETE | KAROO NUUS - Môrestond s.nw. Ook soms morestond.
1 Vroeë oggendure, of tyd wanneer die oggend begin, net ná sonsopkoms; sin. oggendstond (minder gebruiklik); teenoor aandstond, middagstond: Eindelik is die nag verby en in 'n rooi gloed agter die berge uit breek die nuwe môrestond aan (F.J. Steenkamp: Dawid, 1948, 135).
2 Môre — Eerste gedeelte of aanvang van ’n tydperk of toestand: Ons lewe ... in die môrestond van ’n mooi letterkunde, en daar is ’n geruis van vele stemme (P.J. Schoeman: Swerwer-Jagter9, 1956, 62).
Idiomatiese uitdrukking
goud: die môrestond (ook soms oggendstond en morestond) het goud in die mond. Dit is voordelig om vroeg i.d. oggend op te staan.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'