Twee verkeersgemerkte VW Citi Golf’s het uitgebrand en die vinnige optrede van die Mosselbaai Brandweer het daartoe gelei dat slegs geringe brandskade aan ‘n derde voertuig, ‘n ongemerkte Ford Icon, aangerig is.
Die saak word deur konst Arnitus Forbes ondersoek en enige iemand wat oor inligting rakende dié voorval beskik, kan hom by 083 748 7940 of 044 606 2850 skakel. Positiewe inligting sal goed beloon word.
Verskaf deur die Mossel Bay Advertiser, susterkoerant van die George Herald.
.jpg)