GEORGE NEWS - Illegal dumping is everybody's problem
If you throw your junk just anywhere, it will eventually become your problem some way or another.
It can make you sick or kill you
- Dumped waste often contains poison, old medicine, broken glass and other dangerous things that children and animals are mostly likely to come across.
- Junk that lies in the sun develops poisonous gasses or bacteria that can cause diseases and infections and make you very ill or even kill you.
- Dump sites attract snakes and scorpions that can bite or sting you, and rats and insects that carry dangerous diseases.
- Junk inside or near rivers and wetlands releases bad stuff into the water that can make people downstream so sick they can die of dehydration and fever.
It can cause fires
- Layers of rubble lying in the sun can get so hot it can catch fire, which can spread to houses. Smoke and fumes from refuse fires can be harmful or even deadly.
It can stink the place up
- Throwing stuff into sewage drains, or flushing the wrong stuff down the toilet, will clog pipes and the sewage will overflow into your neighbourhood.
It can flood you out
- Throwing junk into storm water drains will clog up the pipes and water will overflow onto your streets and property.
Illegal dumping wastes money
- Money that could have been used for your community is wasted on cleaning up illegal dumping sites.
Dumping sites bring your property value down
- If you own property near a dumping site it will be more difficult for you to sell it and will bring down its value.
You can go to prison
- If you get caught dumping or littering, you will be fined. If you can’t pay the fine, you can go to prison. Measures to catch illegal dumping at night, such as hidden cameras, are being considered.
You can make a difference
Don’t litter
- Keep your food papers, cigarette butts and other waste with you until you get to a refuse bin (public or at home) and throw it inside the bin.
Keep your rubbish at home until pick-up day
- Refuse is picked up in your neighbourhood once a week (see schedule below). Please put your waste inside refuse bags and keep at your house until collection day.
- Put garden waste in green bags so it can be collected separately and composted.
- Put refuse bags on the sidewalk outside your house by 07:30 on collection day.
- Please don’t put your bags out the night before, as they can be torn open overnight.
Find your collection spot
- If you live in an area where large refuse trucks can’t get to your house, find out from your councillor or community where your closest drop-off spot is. Bakkies drive into these areas and collect from drop-off spots on collection day.
- If there isn’t a drop-off spot within quick walking distance, please ask your councillor to request Environmental Services to arrange for a site near you.
Close it up
- Try to close up your full refuse bags inside something solid with a lid, such as a strong cardboard box, wooden box or brick structure, to keep bad smells in and animals out.
Deal with the big stuff
- Building rubble and items that cannot fit inside a black bag must go to the municipal refuse site on the R102 (airport road). Make a plan with friends or neighbours to load your big stuff together to go drop off in one trip.
Dead animals
- Please do not put dead animals out with your bags or dump them somewhere.
- The Garden Route SPCA will collect and dispose for a fee. Phone 044 878 1990.
- Report dead animals on the N2 to Sanral on 082 553 4878.
Report illegal dumping
- If you know who is dumping illegally, report them on 044 801 6350 or sprins@george.gov.za or 044 801 6300 (a/h).
- Information that will help the case for a warning or fine: car description and/or registration number, address of alleged perpetrator, type of waste and address of where it was dumped. A cellphone photo of dumping in action will help, but is not essential.
- Report dumped waste for collection on 044 802 2900 or 044 801 6300 (a/h).
Refuse removal days
MONDAY: Blanco, Riverlea, Heather Park, Heatherlands, Glen Barrie, Kraaibosch, Groenkloof, Blue Mountain Village, Herold's Bay, Victoria Bay, Rondevlei area (George side)
TUESDAY: Le Vallia, Rosemoor, Conville, Protea Park, Parkdene, Ballotsview, Borcherds, Lawaaikamp, Thembalethu, Wilderness, Constantia Kloof, Kleinkrantz
WEDNESDAY: Camphersdrift, Fernridge, Denneoord, Bodorp, Blommekloof, Tweerivieren, Hoogekraal, Hoekwil, Touwsranten farm areas
THURSDAY: Wilderness Heights, Dormehlsdrift, George South, Le Grand, Bos en Dal, Groeneweide Park, Sinksabrug, Herold, Geelhoutboom, Eselsjacht, Hansmoeskraal, Jonkershoek, Rooirivierrif, Pacaltsdorp, Rosedale, Waboomskraal, Touwsranten village
FRIDAY: Glenwood, Loerie Park, Eden George, Genevafontein, Denver Park, Bergsig, Eastern Extension
BUSINESSES: Monday, Wednesday and Friday
Quick numbers
- Report people who illegally dump to Law Enforcement on 044 801 6350 or 044 801 6300 (a/h).
- Report illegally dumped waste for collection on Environmental Services on 044 802 2900 or 044 801 6300 (a/h).
- Report dead animals for collection to the SPCA on 044 878 1990
- Report dead animals on the N2 for collection to Sanral on 082 553 4878.
Wat is onwettige storting?
Onwettige storting is enige iets wat jy weggooi in ‘n plek waar dit nie hoort nie.
Storting is almal se probleem
As jy jou gemors sommer enige plek weggooi, sal dit uiteindelik op een of ander manier jou probleem word.
Dit kan jou siek of doodmaak
- Gestorte rommel het baiekeer gif, ou medisyne, gebreekte glas en ander gevaarlike goed in wat veral vir kinders en diere gevaar kan inhou as hulle dit sou teëkom.
- Gemors wat in die son lê en bak ontwikkel giftige gasse en bakterieë wat siektes en infeksies kan veroorsaak en jou baie siek of selfs dood kan maak.
- Plekke waar rommel lê lok slange en skerpioene wat kan byt of steek, en rotte en insekte wat gevaarlike siektes na mense kan oordra.
- Rommel wat in of naby riviere gegooi word, laat slegte goed in die water vry wat mense en diere stroom-af so siek kan maak dat hulle van dehidrasie en koors kan laat doodgaan.
Dit kan brande veroorsaak
- Rommel wat in die son bak kan so warm word dat dit aan die brand slaan en die vuur kan na huise versprei. Die rook en gasdampe wat van sulke vure af kom kan skadelik of selfs dodelik wees.
Dit kan stink
- Goed wat in riooldreine gegooi word – of verkeerde goed wat in toilette afgespoel word - sal die dreinpype verstop en die riool sal in jou woongebied oorloop.
Dit kan verspoelings veroorsaak
- Gemors wat in stormwaterdreine gegooi word, verstop die pype en reënwater sal in die gebied se strate en eiendom invloei.
Onwettige storting mors geld
- Die skoonmaak van onwettige stortingsterreine mors geld wat vir ander dinge in jou gemeenskap gebruik kon word.
Stortingsterreine bring die waarde van jou eiendom af
As jy eiendom naby onwettige stortingsterreine besit, sal dit moeiliker wees om dit te verkoop en die oorhoofse waarde van die eiendom sal verminder.
Jy kan tronk toe gaan
- As jy gevang word vir onwettige storting of selfs rommelstrooi, kan jy ‘n boete opgelê word. Indien jy nie die boete kan betaal nie, kan jy tronk toe gaan. Daar word oorweeg om maatreëls in plek te sit, soos versteekte kameras, om mense te vang wat in die nag onwettig rommel stort.
Jy kan 'n verskil maak
Moenie rommel strooi nie
- Hou jou kospakkies, sigaretstompies en ander gemors by jou totdat jy by ‘n asblik uitkom (‘n openbare drom of by jou huis) en gooi dit in die drom.
Hou jou vullis by die huis tot en met opteldag
- Vullis word een keer per week in jou woonbuurt opgetel (sien skedule hieronder). Plaas asseblief jou vullis in vullissakke en hou die sakke by jou huis tot en met opteldag.
- Plaas tuinafval in groen sakke sodat dit afsonderlik opgetel kan word. Die munisipaliteit maak kompos daarvan.
- Plaas vullissakke op die sypaadjie buite jou huis teen 07:30 op opteldag.
- Moet asseblief nie jou sakke die aand voor die tyd uitsit nie, want dit kan oornag stukkend geskeur word.
Vind jou optelpunt
- As jy in ‘n gebied bly waar vullistrokke te groot is om tot by jou huis te ry, vind uit by jou raadslid of gemeenskap waar die naaste optelpunt is. Op opteldag ry bakkies in hierdie gebiede in en tel by hierdie punte op.
- Indien daar nie ‘n optelpunt binne redelike loopafstand van jou woonplek is nie, vra asseblief jou raadslid om by Omgewingsdienste vir so ‘n plek aan te vra.
Maak dit toe
- Probeer om jou vol vullissakke in iets met ‘n deksel – soos ‘n sterk kartonboks, houtboks of baksteenstruktuur – toe te maak om slegte reuke in te hou en diere uit te hou.
Maak ‘n plan met die groot goed
- Boumateriaal en items wat nie in swartsakke pas nie, moet na die munisipale stortingsterrein op die R102 (lughawepad) geneem word. Maak ‘n plan met vriende of bure om julle groot goed saam in een rit te neem.
Dooie diere
- Moet asseblief nie dooie diere saam met vullissakke uitsit of iewers gaan weggooi nie.
- Die Tuinroete DBV sal die karkas kom optel en korrek ontslae raak teen ‘n fooi. Skakel 044 878 1990.
- Meld dooie diere op die N2 by Sanral aan by 082 553 4878.
Rapporteer onwettige storting
- Indien jy weet wie onwettig stort, rapporteer hulle by 044 801 6350 of sprins@george.gov.za of 044 801 6300 (n/u).
- Inligting wat die saak vir ‘n waarskuwing of boete sal versterk: beskrywing van die voertuig en/of registrasienommer, adres van die beweerde oortreder, tipe afval wat gestort is en waar dit gestort is. ‘n Selfoonfoto van die storting in aksie sal baie help, maar is nie noodsaaklik nie.
- Meld plekke aan waar daar onwettig gestort is, by 044 802 2900 of 044 801 6300 (n/u).
Opteldae vir vullissakke
MAANDAG: Blanco, Riverlea, Heatherpark, Heatherlands, Glen Barrie, Kraaibosch, Groenkloof, Blue Mountain Village, Heroldsbaai, Victoriabaai, Rondevlei-gebied (George-kant)
DINSDAG: Le Vallia, Rosemoor, Conville, Protea Park, Parkdene, Ballotsview, Borcherds, Lawaaikamp, Thembalethu, Wildernis, Constantia Kloof, Kleinkrantz
WOENSDAG: Camphersdrift, Fernridge, Denneoord, Bodorp, Blommekloof, Tweerivieren, Hoogekraal, Hoekwil, Touwsranten plaasgebiede
DONDERDAG: Wildernishoogte, Dormehlsdrift, George-Suid, Le Grand, Bos en Dal, Groeneweidepark, Sinksabrug, Herold, Geelhoutboom, Eselsjacht, Hansmoeskraal, Jonkershoek, Rooirivierrif, Pacaltsdorp, Rosedale, Waboomskraal, Touwsranten dorpie
VRYDAG: Glenwood, Loeriepark, Eden George, Genevafontein, Denver Park, Bergsig, Oostelike uitbreidings
BESIGHEDE: Maandag, Woensdag en Vrydag
Vinnige nommers
- Meld mense wat onwettig stort by Wetstoepassing aan: 044 801 6350 of 044 801 6300 (n/u).
- Meld plekke waar daar onwettig gestort is by Omgewingsdienste aan: 044 802 2900 of 044 801 6300 (n/u).
- Laat dooie diere optel deur die DBV te skakel: 044 878 1990
- Rapporteer dooie diere op die N2 aan vir optel deur Sanral: 082 553 4878.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'