GEORGE NUUS - Die oujaar is byna iets van die verlede en die nuwejaar, 2024 loer op die horison. Soos gewoonlik is daar groot afwagting en natuurlik sal baie dinge gebeur. Wat moet 'n mens dophou in 2024?
Dr. Dennis Farrell, dryfkrag agter die burgerlike organisasie,Business Café, sê daar is paar dinge wat hy gaan dophou.
Daar is die agteruitgang van die ekonomie wat die lewenstandaard van die gewone mense raak. Voorts die styging van munisipale kostes. Dan sal daar ook die verwagte politieke oëverblindery wees. Dit moet gesien word teen die agtergrond van die algemene verkiesing wat gaan plaasvind.
Volgens Farrell het Suid-Afrikaners geleer om veerkragtig te wees en hopelik sal hulle begin saamstaan.
Adv. Gert van Niekerk, onderburgemeester van die Tuinroete distriksmunisipaliteit, sê die nasionale en provinsiale verkiesing gaan op alle vlakke oorheersend wees in die eerste helfte van die jaar.
Die ANC gaan desperaat probeer om kiesers aan hul kant te hou. Deurdagte en deursigtige leierskap sal aan die dag gelê moet word deur die leiers van die koalisiepakt.
Hy verwag dat dit 'n baie woelige polities gedrewe eerste ses maande van die jaar gaan wees.
Uit die oogpunt van die distriksmunisipaliteit sal seker gemaak word dat dienslewering nie daaronder ly nie. Dienslewering sal voortgaan want die disktriksmunisipaliteit het 'n doelgerigte bestuurspan.
Adv Gert van Niekerk
Bevin Fortuin, die oudSringbokrugbyspeler, sê dit gaan 'n groot sport jaar wees en hy gaan dit dophou.
"Die Olimpiese Spele is is iets waarna ek uitsien. Die Blitzbokke gaan onder meer deelneem. Dit gaan baie interessant wees om te sien wie gaan die span haal."
Daar is ook nog die 15-kode rugby. Ierland kom Suid-Afrika toe om teen die Springbokke te speel.
Voorts gaan die All Blacks die eerste keer in 'n lang tyd in 'n toets teen die Springbokke in Kaapsad speel. "Dit gaan groot groot wees en ek is van plan om self te gaan kyk."
Dan is daar ook die T-20 wêreldbekertoernooi (krieket) wat in 2024 plaasvind.
Bevin Fortuin
Blanche Benjamin, 'n gemeenskapsleier, sê sy gaan beslis die verkiesing dophou en veral wat in die politieke arena in George gebeur.
Sy verwag dat daar baie woelinge gaan wees en baie verrassings op politieke gebied in George gaan plaasvind.
Blanche Benjamin
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’