Nie net was daar sang en dans nie, maar ’n heerlike spit en troukoek vir almal.
Dit is die derde jaar dat paartjies uit dié gemeenskap saam in die huwelik bevestig word. Die vorige twee jaar is 20 ander paartjies ook in die eg verbind.
Volgens Thelma Richards, ‘n gemeenskapswerker, word huwelikseminare en huweliksvoorligting aan die paartjies aangebied voordat hulle trou.
Pastoor Frans Venter van George het die seremonies behartig.
Richards sê meeste van die paartjies woon reeds jare saam as man en vrou, maar daar was nog nooit ‘n geleentheid vir hulle om te trou nie.
Die Bart-stigting, ‘n Nederlandse organi-sasie wat aktief betrokke is in die gemeenskap, het die troue grotendeels geborg en gereël.
Al vyftien bruide se rokke is gratis aan hulle deur kleremakers van Pacaltsdorp geleen.
Inwoners van Pacaltsdorp het ook hul vervoer beskikbaargestel vir die bruidspare om na die stigting se gebou in Syferfontein te ry waar die seremonie en onthaal plaasgevind het. Na die seremonie het hulle op ‘n streep deur die woonbuurt gery met blasende toeters om die bruilof te vier. Daar was ook vir elkeen ‘n troukoek gebak. Richards het vandeesweek almal wat ‘n bydra gelewer het om die dag ‘n sukses te maak hartlik bedank.
ARTIKEL: LIZETTE DA SILVA

Bruidspare wag om die huweliksregister te teken.