Dit was twee dae daar vasgekeer, en na wat verneem moontlik reeds van Saterdagaand af.
Die vragmotorbestuurder het die pas aangedurf ondanks ‘n groot en duidelike kennisgewingbord wat waarsku: ‘Geen karavane en swaar voertuie’.
‘n Ander vragmotor van ‘n plaaslike insleepdiens is ingeroep om die vasgekeerde vragmotor, wat van George na Herold op pad was, te hak en uit die pas te trek.
Die vragmotor behoort volgens ‘n advertensie op die passasiersdeur aan ‘n vervoermaatskappy in Mamre, Kaapstad.
Dit was na bewering onderweg na die gruisgroef naby Witfontein en die bestuur-der het blykbaar slegs instruksies gevolg.
Die pas was Dinsdagoggend weer oop.
Volgens ‘n inwoner van Herold is dit die tweede keer in 12 jaar dat ‘n vragmotor in die Montagupas vassit.
Die vorige keer was ‘n leerlingbestuurder agter die stuur van ‘n groot vragmotor met ‘n sleepwa aan. Sy instrukteur het hom glo aangesê om met die pas langs te ry vir oefening.
Die George Herald het die verkeersowerhede geskakel vir kommentaar, maar kon niemand voor druktyd opspoor nie.
 (Small).jpg)
Die kennisgewingbord se waarskuwing is duidelik. Foto: Jannie Meyer
ARTIKEL: LIZETTE DA SILVA