GEORGE NUUS - Emmaüs se jaarlikse Wintermark vind op Saterdag 1 Junie plaas van 09:00 tot 12:00 by hul perseel in Memoriumstraat.
Soos in vorige jare gaan daar pragtige hand- en houtwerk verkoop word asook tweedehandse klere, boeke en plante.
Daar sal 'n baie interessante wit-olifanttafel wees. Heerlike sop, pannekoek, kerrie-en-rys en boereworsrolle is van die lekkernye wat te koop aangebied sal word.
Die Wintermark is nie so groot soos die jaarlikse Kersmark nie en daar sal dus nie groente, vleis en poeding verkoop word nie.
Die publiek word genooi om in te loer en hierdie fondsinsamelingsprojek te steun ten bate van die intellektueel gestremdes.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'