Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Sowat 30 werkers van Touwsranten betoog vandag by die afdraai tussen Oudtshoorn en Joubertina.
Die werkers beweer dat hulle vir die jaar en sewe maande wat hulle in Touwsranten verkeersbeheerdienste gelewer het vir ‘n Kaapstadse maatskappy, Kleinhans Konstruksie en Verkeersdienste, nooit vir oortydwerk betaal is nie.
Die werkers sê hulle wou uit vrees vir viktimisasie nie oor uitstaande lone navraag doen voor die kontrakwerk voltooi was nie.
Volgens Neville Olyn, een van die werkers, is hulle nooit vir Sondae, nagskof of oortyd betaal nie.
“Ons kon ook nie etensuur vat nie ,so ons eis daardie geld ook.”
Olyn sê volgens die department van arbeid is dit onwettig om nie oortydbesoldiging in die kontrak in te sluit nie asook om eers maandelikse en later dag-tot-dag kontrakte aan te bied.
Die werkers wil nou met die kontrakteur, Henra Civil Contractors van Mosselbaai, gesels om ‘n oplossing te probeer vind.
Kyk 'n video hieronder.
Werkers van Touwsranten betoog vanoggend op die afdraai tussen Oudtshoorn en Joubertina. Die werkers betoog vir oortyd en Sondag lone wat nie uitbetaal is nie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'