Helena se vriende het uitnodigings ontvang na haar "Bumelaars, bosslaapers en aner bihoevtiges"-partytjie waar ‘n gesellige vuurtjie by aankoms gebrand het in die oorblyfsels van ‘n stukkende ou bakkie.
Die uitgelese gaste het op kratte en verfblikke in ‘n pondok gekuier en kon na willekeur tussen leë bottels, blikke en papier in ‘n asblik krap vir geskenkies en eetgoed.
Die "beste boemelaar" was die gelukkige ontvanger van ‘n gekenkpakkie met 'n waslap, tandeborsel, kam, seep en lekkerruikgoedjies in.
Uit dankbaarheid vir al die gawes, is Helena later die aand deur haar vriende gekroon as "Hobo Kween".
Dis nou nadat hulle twee dae tevore op haar eintlike verjaardatum met glans en styl saam met sanger en liedjieskrywer Stef Kruger in die Kalahari Teater gekuier het.
"Dit was ‘n absoluut fantastiese boemie bash," sê Helena. "En later die aand toe daar ‘n regte boemelaar by die heining kom aanleun, het ons vir hom ook kos gegee. Dit was nogal spesiaal."
.jpg)
Die boemie bash is voorafgegaan deur ‘n gesellige kuier in die Kalahari Teater. Hier hang die verjaarsdagmeisie saam met Stef Kruger uit op die Kalahari se rooi klavier. Foto: Denise Lloyd
ARTIKEL: MANDI BOTHA