GEORGE NUUS - 'n Groep bejaardes van Tuiniqua-versorgingsentrum wys met dade wat omgee vir ander mense beteken. Hulle is betrokke by 'n nuwe projek van die Garden Route Food Pantry.
Met die projek word toebroodjies by die Garden Route Food Pantry gesmeer en aan behoeftiges geskenk. 'n Tyd gelede het Carl van Blerk, stigter en hoof- uitvoerende beampte van die Garden Route Food Pantry, 'n beroep op mense gedoen om betrokke te raak.
Vrywilligers kan brood en broodsmeer saamneem. Die toebroodjies word dan Maandae en Woensdae tussen 09:00 en 14:00 gemaak. Dit word dan gedurende die week aan 'n verskeidenheid van kindervoedingsentrums versprei.
Alani Voigt, sentrumhoof van Tuiniqua, bygestaan deur Annelie Bennett, dienssentrumkoördineerder, het gesê die instansie skenk die brood. Hulle benodig nog smere.
Van die toebroodjies wat gemaak is.
Dis deel van teruggee aan die gemeenskap en die inwoners bestee ons sowat twee ure op 'n keer daar.
"Ons kry niks daaruit nie. Sowat nege van ons inwoners gaan help elke week. Benewens die hulp wat hulle verskaf, bied dit ook vir hulle 'n geleentheid om uit te kom. Ons daag ander aftree-oorde uit om dieselfde te doen," het hulle vertel.
Van Blerk het Maandag gesê die grootste uitdaging is geld. Hy verwelkom die betrokkenheid van Tuiniqua. Dit sal gaaf wees as ander soortgelyke instansies ook betrokke raak.
Dit gaan sover goed met die projek en meer en meer mense raak daarby betrokke.
Enigiemand wat betrokke wil raak kan kontak maak deur Facebook/GardenRoute-FoodPantry of Van Blerk direk te skakel by 071 427 5638.
Van die bejaarde inwoners van Tuiniqua-versorgingsentrum besig om broodjies te smeer by die Garden Route Food Pantry.
Van die bejaarde inwoners van Tuiniqua-versorgingsentrum besig om broodjies te smeer by die Garden Route Food Pantry.
'n Bejaarde inwoner van Tuiniqua-versorgingsentrum besig om broodjies te smeer by die Garden Route Food Pantry.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'