Update
TUINROETE NUUS - Die vier mans wat daarvan aangekla was dat hulle op 19 Julie 2021 ‘n sekerheidswag by die Bridgton-vulstasie van sy vuurwapen en R86 000 kontant beroof het, is verlede week in die Oudsthoorn-streekhof skuldig bevind aan roof met verswarende omstandighede.
Masixole Dolomba (30), Simphiwe Matwa (44), Lwandiso Lento (37) en Sakhele Nkabi (38) is egter vrygespreek op die aanklagte van onwettige besit van vuurwapens, die onwettige besit van ammunisie en die onwettige besit van 'n verbode vuurwapen.
Matwa, Masixole en Lento is op 19 Julie, kort na die roof, aan George se kant van die Outeniquapas in hegtenis geneem. Nkabi is op 23 Julie in hegtenis geneem.
Tydens die eerste arrestasie is daar beslag gelê op die gesteelde geld, die veiligheidswag se vuurwapen en die vuurwapen wat gebruik is om die roof te pleeg.
Vukubi sê dat 'n weermaguniform ook binne die verdagtes se voertuig gevind is. Daar is vasgestel dat dit aan Nkabi behoort wat 'n aktiewe rol in die werklike roof gespeel het.
"Hy is uiteindelik in samewerking met Outeniqua K9-honde-eenheid en die Valke gearresteer.
Die saak word vir vonnisoplegging tot 23 Februarie uitgestel.
Masixole Dolombo
Kapt. Sakhele Nkabi
Lwandiso Lento
Simphiwe Matwa
Vorige artikels:
- Transitoroofsaak nader einde
- Nog 'n kinkel in transitoroof se kabel
- Vermeende transitorowers wil appelleer
- Transitoroof: Borgtog aan al 4 geweir
- Transitoroof: Saak weens Covid uitgestel
- Transitoroof: Saak vir uitspraak uitgestel
- Borgtogaansoek op 17 Augustus voort
- Beweerde transitorowers voor vir borgtogaansoek
- Weermag kaptein doen in Augustus aansoek om borgtog
- Oudtshoorn soldier 4th suspect in heist
- Opvolg: Gesteelde geld teruggevind
- Rowers teiken geldwa
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’