Gallery
GEORGE NUUS - Die weer het op Saterdag 3 November mooi saamgespeel vir Seven Passes Initiative se 10 jaar feesvieringe wat op die Touwsranten-sportterrein gehou is.
Die geleentheid was voorwaar 'n fees met 'n groot verskeidenheid van aktiwiteite wat die kinders op die ou end pootuit gelaat het.
Mimi Mahlasela, gewilde aktrise van 7de Laan-faam, het opgetree en die gehoor het aan haar lippe gehang.
Dit was 'n dag wat nie gou vergeet sal word nie.
Daar word gretig hand bygesit in die kombuis.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'