GEORGE NUUS - Op 4 Augustus kry die Suid-Kaapse Fynproewers en hul gaste 'n unieke leergeleentheid. Sjef Emile Nel gaan ‘n meesterklas aanbied in die geheime en kunsies van ‘n seleksie van kooktegnieke.
Dink maar aan perfek geposjeerde eiers en ‘n flatervrye Hollandaise sous. Hy wys ook hoe tegnieke gekombineer kan word om interessante disse saam te stel.
Die geleentheid word afgesluit met ligte verversings en 'n glasie wyn.
Dit vind op 4 Augustus plaas by Chef’s Emporium Restaurant by die Dias Hotel en begin om 08:30 vir 09:00.
Kom leer saam met die Fynproewers om vreesloos te kook.
Indien jy belangstel om dit by te woon, kontak Wendy Bremmer by 082 924 2428 om ‘n plek te bespreek teen R200 ‘n kaartjie.
Beperkte sitplekke is beskikbaar. Die laaste dag van bespreking is 1 Augustus.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'