TUINROETE | KAROO NUUS - Die kykNET Buite-Ekspo Suid-Kaap word vir die eerste keer van 29 September tot 1 Oktober by ATKV Hartenbos aangebied. Dis dan ook die eerste naweek van die skoolvakansie en waar beter om dié geleentheid aan te bied as by die baie gewilde ATKV Hartenbos Oord.
Die kykNET Buite Ekspo konsep word al sedert 2011 met groot sukses aangebied in Suid-Afrika.
‘n Limpopo weergawe by Sondela Nature Reserve & Spa naby Bela Bela en die Wes-Kaapse geleentheid op die Môreson Plaas net buite Malmesbury, is reeds baie suksesvol. In 2022 het 'n verbysterende 22000 besoekers die byeenkoms op Môreson bygewoon, wat dit by verre een van die grootste buitelewe Ekspo’s van sy soort in SA maak.
Dié geleentheid is spesifiek gemik op die buitelewe-, kampering- en 4x4-entoesias en die hele gesin is welkom. Dis ‘n volwaardige buitelewe leefstyl Ekspo en bestaan nie net uit buitelewe uitstallers wat die heel nuutste produkte op ‘n baie unieke manier kom uitstal nie. Kindervermaak, 4x4 hindernis-ritte met die bekende André de Villiers, is ook deel van die verrigtinge. Dis nie 'n musiekfees nie, maar puik kunstenaars soos Neels Moir, Landman, Sone Joubert, Rooies, Blackie Swart, Desmond Wells, Johan Liebenberg, David Fourie, Rooiwyn Profeet, Dewald Dippenaar is almal in aksie met Riaan Grobler as seremoniemeester. Dié optredes word geborg deur Hankook Tyres.
Mosselbaai Helikopters bied ook helikopter vlugte aan waar die pragtige kuslyn uit die lug waargeneem kan word. Bring die kameras saam om dit vas te vang!
Jimmy's Steakhouse Sauces se betrokkenheid sal plaasvind in die vorm van ‘n braai- potjie kompetisie waar die publiek dit kan kom uitspook met van ons kunstenaars – iets om voorwaar nie te mis nie.
Daar is volop gekeurde kosverskaffers op die terrein met ‘n groot kroeg- en biertuin fasiliteite, asook ‘n Wyn-en Kuiertuin. Kom besoek ook gerus ons kuns-en snuffelmark waar daar slegs uitstallers van gekeurde produkte sal wees.
Vir die tweede keer hierdie jaar bied GT Camper in samewerking met Trio Events ‘n kykNET Buite Ekspo GT Camper Gholfdag aan by die immergewilde en baie bekende Pinnacle Point Gholf Estate op Mosselbaai op Woensdag, 27 September. Kontak asb vir Elmien om deel te neem of as borge betrokke te raak by 072 588 1127 of e-pos sales@gtoffroadtrailers.co.za. Daar is net beperkte geleenthede beskikbaar, so gou spring.
Besoek gerus www.ekspo.co.za vir meer inligting en om dagbesoekers kaartjies te koop deur TicketPro (ook beskikbaar by die hekke). Pryse is baie billik en wissel van R25 tot R100, afhangend van watter dag en tipe kaartjies gekoop word. Spesiale kampering- en ‘glamping tent’ pakette is ook beskikbaar vir die naweek teen uiters billike tariewe en kan bespreek word by Delmaine by delmainev@atkv.org.za.
Navrae deur uitstallers kan ook gerig deur Tersia te kontak. (accounts@ekspo.co.za of 072 487 0000).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’