GEORGE NUUSFLITS - 'n Venter-sleepwa is Sondagaand 20 Augustus om 23:30 van die LetMeRepair-perseel in Saagmeulstraat, gesteel.
Op kringtelevisie-beeldmateriaal kan gesien word hoe drie mans die hek se slot breek en die sleepwa met registrasienommer CAW 81420 gaan haal en op 'n voertuig haak.
'n Vierde persoon het buite in die voertuig gewag.
Hier word die sleepwa aan 'n voertuig vasgehaak.
Lees meer in Donderdag se George Herald, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'