GEORGE NUUS - Die 2017 George-landbouskou se skoukoningin word op Saterdagaand, 19 Augustus by die skouterrein gekroon.
Die 10 finaliste wat om die titel gaan meeding, is Bernadine Ollewagen, Marchelyn Sebolai, Mechelley Grobler, Natasha Jacobs, Neekah Dorfling, Nicole Wildemans, Nikita Valarie Schutte, Rozaan Salies, Sandy Young en Vinolia Snoek.
Groot pryse is op die spel en die beoordelaars gaan hulle hande vol hê om die mooiste tussen die mooies aan te wys.
Die kroningsgeleentheid val saam met die jaarlikse skoudans en slegs ‘n beperkte aantal kaartjies is nog beskikbaar.
Kaartjies kos R200 per persoon of R2 000 vir 'n tafel van 10 en is beskikbaar by die skoukantoor, telefoon 044 873 4165.
Neekah Dorfling is 'n finalis vir Mej. Skou 2017.
A finalist Sandy Young gaan ook om die Mej. Skou-titel meeding.
Die dans, met musiek verskaf deur die immergewilde Nic Stevens, sluit ook 'n driegang-ete in. 'n Kontantkroeg sal beskikbaar wees.
ARTIKEL: ALIDA DE BEER, GEORGE HERALD JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'