Update
TUINROETE NUUS - Ses passasiers van onderskeidelik twee busse is dood ná die busse waarin hulle gereis het, verlede naweek in 'n botsing op die N2 by Mosselbaai betrokke was.
Die ongeluk tussen ‘n bus van Williams Coach Tours en ‘n Interkaap-bus, het langs die N2 Industriële Park op die N2-gedeelte tussen die Danabaai-afrit en Langeberg Mall plaasgevind.
Meer as 100 passasiers was op die twee busse. Nasionale ondersoekbeamptes van Kaapstad én die plaaslike owerhede was op die toneel om die ongeluk te ondersoek.
Volgens sers. Chris Spies, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, toon die voorlopige ondersoek dat die Interkaap-bus die afrit na George se rigting gemis het en toe verkeerdelik op die oprit na Louis Fourieweg, Danabaai en die Heiderand Mall beland en dit vir die afrit aangesien het.
Die voorkant van die Interkaap-bus (foto) is oopgeskeur in die ongeluk.
Lees meer op susterskoerant, www.mosselbayadvertiser.com.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’