GEORGE NUUS - In 'n meningsopname op George Herald se Facebook-blad is inwoners gevra om te help met inligting oor tavernes in hul gebied. Hoeveel tavernes is daar in jou buurt? Hoe voel jy daaroor?
Daar is heelwat rondom die onderwerp gesels, meestal onder inwoners van Conville wat hul verder uitgespreek oor die Red Lion Lounge wat tans in 'n hofgeding met George-munisipaliteit is.
Sommige inwoners is teen 'n taverne in 'n woonbuurt, ander is ten gunste van 'n kuierplek af in die straat. Dit is wat hulle te sê het:
Furever Cats: "My housekeeper lives across the road from a tavern [in Rosemoor] and it is a constant source of concern for her and her 3 daughters. She said she sleeps with an eye open the patrons use her garden as a thoroughfare and ablution facility "
Ronnie Campher: "Niks verkeerd met taverns nie dus in die straat waar die fout is die tikkoppe en tik smouse verkoop 24 ure 7/24"
Johan Wessels: "Kan ek ook n tavern oopmaak waar ek bly in Meadestraat. Sommer daar reg oorkant gevangenis!! "
Randall Matthysen: "Kom woon in Protea Park, daar is geen tavern "
Leonie Fredericks: "Dit is nie net tavernes nie gaan besoek my friend se winkels hulle is nou apteke ook."
Peter Louw: "Moenie dat die Herald nou wil kom besluit wat in ons buurte of gemeenskappe moet aangaan nie.
Wat het hul al opbouend in ons gemeenskappe verrig. Jul is nie hul verslaggewers nie, so waarom hul van statistiek uit ons gemeenskappe voorsien. Laat hul van woonbuurt en huis tot huis loop."
Ricardo Jantjies: "Daar is netso veel Taverns in die lokasies as in die dorp. Ons is even."
Laurayne Pekeur: "Dit pla my glad nie, het nog nooit!!!"
Peter Manewil: "Da is geen problem met die tavern nie. Om erlik te wees vandag ek terug in George is was di lieflikste plek wa ek nog GA kuier het was red lion lounge da is dit so nice en save Om erlik te wees was Baie lanklas in a plek wa ek so nice en save en welkom vol.en by red lion lounge geniet n mens j en j is happy da. J voel as n VIP as j da is want dai eienat treat jou SOos queen. En j geniet j da dis my eerste gunsteling plek my tweede een is boeta b oom met u erlik te wees mense as julle n lekker tyd soek GA. Na red lion lounge in convile j en boeta b da GA j Jo lyf n lekker tyd gee.en Di tavern is nie n problem ni want dit releave my van stress af. Ander gebruik drug ma so Di tavern is n plek wa j friend mak en j lyf n lekker tyd gee and I thank you"
Grace Hector: "Tavern moet toe finish n klaar karre staan op sypaaitjie waar moet ons loop Groot kopseer"
Cindy Van Der Spuy: "Ek bly langs n tavern en ek kan regtig nie kla oor harde musiek of moles nie maar eerlik gesproke ek hou net nie van taverns nie dus dit."
Kamonita Appolis: "Mense wat nie in ons buurt bly nie het vele te se. Die is n baie interresante topic om te he, veral ouers wat kinders grootmaak en dit entertain. Hkm nie die tavern omskep in woonstelle nie, daar is ook mos n inkomste as dit gaan oor geld maak?"
Kamonita Appolis: "Wow ek kan nie glo groot mense regverdig taverns in woonbuurte nie. Dis seker reg as mense nie binne taverns moeilikheid kry nie en buite ja, maar dan is dit ander mense wat polisie en ambulanse moet bel oor hulle nice times hou. Dis baie hartseer om jou genot buite jou huis te gaan soek."
Gorzè zei'Tjie Meyer: "Die tavern is al deel van ons buurt en bestaan al jare, ek het geen probleem met Red Lion Lounge nie ... Dis ‘n lekker kuier plek vir my om te gaan afkoel na ‘n lang week ... Hy is netjies skoon en die security is opgeskerp..."
Joyce Hardnick van Conville: "Ek persoonlik het geen probleem met die Lounge hier naby my nie. En dit is net naweke oop. Wat buite die terrein gebeur is absoluut niks met die eienaar te doen nie. En ek gaan nie na ander taverns toe nie, want is te ver."
Berry Kiewiets: "As from my side I don't have a prblm with tha taverns in cornville.. as long as they follow tha necessary protocols and safery of their customers.. if u have a prblm with a tavern go to tha owner sit down and find a solution..."
Fran-jeanique Goliath: "Ek voel die taverns is nie u probleem nie kom ons werk aan die drug huise wat onwettige is in ons buurt en die plekke wat drank verkoop sonder ’n lisensie asb."
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'